Identifisering van kontroles – ligte motorvoertuig
Handratkas
Die doel is om ’n leerlingbestuurder vertroud te maak met die vernaamste sigbare komponente van ’n motorvoertuig. Die bedoeling is ook om die leerlingbestuurder te help om die kontroles te identifiseer wat saam gebruik moet word om ’n bepaalde maneuver of handeling te voltooi. Die kontroles en komponente van ’n ligte motorvoertuig met ’n handratkas is soos volg.
- 1. Middelste truspieël — gebruik om agter jou voertuig te sien.
- 2. Ruitveër — gebruik om die voorruit van die voertuig skoon te maak, en wanneer jy in die reën ry.
- 3. Linker- en regtertruspieëls — gebruik om te sien wat aan die regter- en linkeragterkant van jou voertuig is.
- 4. Stuurwiel — gebruik om die rigting van die voertuig te verander, d.w.s. om links of regs te draai of die voertuig op ’n reguit pad te hou.
- 5. Flikkerligskakelaar — gebruik om ander padgebruikers in te lig oor jou voorneme om na links of regs te stuur, of om links of regs te draai (veral wanneer jy van baan verwissel).
- 6. Ratshefboom — gebruik om ’n rat te verander of te kies.
- 7. Handrem — gebruik om te verseker dat jou geparkeerde voertuig nie beweeg nie. Word ook gebruik wanneer jy parkeer en ’n voertuig onbewaak laat. (Let daarop dat sommige voertuie die handrem as ’n voetbediende kontrole kan hê, bv. Mercedes-Benz.)
- 8. Koppelaarpedaal — gebruik wanneer jy ’n rat inskakel of uitskakel, of van een rat na ’n ander verander.
- 9. Rempedaal — gebruik om jou voertuig te stop, om spoed te verminder of te stop, en ook om te verhoed dat die voertuig doodslaan net voordat dit heeltemal tot stilstand kom.
Wanneer jy rem, is die afstand wat dit die bestuurder van ’n motorvoertuig neem om te stop,
(i) langer op ’n nat pad as op ’n droë pad.
(ii) langer indien die voertuig teen ’n hoër spoed ry.
(iii) langer indien die voertuig gelaai is. - 10. Versnellerpedaal — gebruik om jou voertuig te versnel. Die spoed van die voertuig kan deur hierdie kontrole verhoog of verlaag word.
- 11. Toeter — gebruik om ander padgebruikers te waarsku ten einde ’n botsing te vermy.
Pass